Twaalf Artikels van
Protesterende Belydenis
1, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van
die Drie-Eenheid van God: Vader, Seun, en Heilige Gees
2, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van die
enigheid, Goddelikheid én mensheid van Jesus Christus
3, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van
die historiese Christelike Kerk as Die Een Algemene Heilige
Gemeenskap van gelowiges en Liggaam van Christus
4, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van
die wederkoms van Christus, die opstanding van alle dode en
een algemene oordeel in daardie dag
5, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van
die geopenbaarde wil van God in die kennis van Jesus Christus
in die Skrifte en die Skrifte alleen, die Bybel,
as die enigste gesag en norm in leer en lewe
vir die gelowige en vir die gelowiges as die Kerk van Christus
6, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning van
die soewereine uitverkiesende genade van God
na sy vrye en ewige Raad, Voorneme en Keuse
om te red wie Hy Wil;
of om te Verdoem alle sondaars buite hierdie
sy enige Genade in en deur Jesus Christus
7, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning van
die erfsonde, alle mense se totale erfsondigheid,
en die onmag en gebondenheid van die wil tot die kwaad –
in wie ook al, natuurlik mens of wedergeborene
8, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning deur
die lering van verlossing deur en op grond van
eie werke, verdienste en geregtigheid, van
die regverdiging, verlossing, redding en ewige lewe
in Christus Jesus deur die geloof in Hom alleen
9, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning deur die lering van heiligheid, volmaaktheid en sondeloosheid, van
die wederbarende en oortuigende werking van die Heilige Gees
daarin dat Hy ’n mens bring tot gedurige en dieper
besef, berou, belydenis en bekering van sonde,
na verlossing in, deur en uit Christus Jesus,
tot volharding in die stryd van die geloof tot die einde toe
10, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning deur
geesbiddery, geeskryery en geesdrywery, van
die gawes en vrugte van die Heilige Gees, volkome
in wedergeboorte en geloof in Christus Jesus
11, Ons verwerp die (sektariese) ontkenning en miskenning deur
lering van die wetteloosheid en soewereiniteit van die mens, van
die geopenbaarde Wil en Wet van God in die Skrifte
12, Ons bely, betreur, bestry, bestraf en verwerp die Kerk se ontkenning, miskenning en misbruik van die Bybel as
die Woord en openbaring van God se wil vir die Volk,
sy volhardende misbruik van eie profetiese amp en
onberouvolle versmading van eie wordingsgeskiedenis,
in diens en tot diens van die afgodery
van Sondagsheiliging en Sabbatsveragting.